Die Hervormer

Die Hervormer

AMPTELIKE MONDSTUK VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

 

Redakteur

Ds Willem Sauer


Subredakteurs
Ds Etienne Fourie
Dr Johan van Staden


Produksieredakteur
Mev Tessa Oppermann


Redaksie
Ds Etienne Fourie
(voorsitter)
Dr Anet Dreyer-Krüger
Dr Elritia le Roux

Ds Elmien Knoetze

Mev Christa Clifton
Dr Wouter van Wyk
(sekretaris: SENTIK)

 

Grafies
 Mev Francis Nel

Mnr Hugo van Niekerk


Administrasie
Mev Sanell van Vuuren


Uitgewer
SENTIK
Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika
Posbus 2368
PRETORIA
0001
Tel 012 322 8885
Faks 012 322 7906
sentik@nhk.co.za

 

By die Hoofposkantoor as
nuusblad geregistreer
ISSN 0259-949X


Individuele intekening

(gedrukte kopie)
R110 vir 11 uitgawes
R15 per individuele eksemplaar

 

Drukkers

Seriti Printing
Pretoria


Die redaksie aanvaar
verantwoordelikheid vir die
inhoud. Menings deur skrywers
uitgespreek, is egter
nie noodwendig die beleid
of standpunt van die
Hervormde Kerk nie.

My skat is hier

Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee ek hierdie land.” (Genesis 12: 7)

In onlangse tye was daar opnuut ongemaklike roeringe in die politieke wêreld. Politici het deur hul onbillike optrede gewys dat daar geen perke aan hul egoïsme is nie. Hierna verwys dr Deon du Toit in die hoofartikel. Hierdie blatante miskenning van die reg het enkele van ons vriende en familielede genoop om opnuut te praat van land verlaat. Hulle meen hulle kan geluk en vrede op ander plekke vind. Hul geboorteland is nie meer ’n geskikte adres vir sukses en geluk nie.

Read more ...

My onvolmaakte geestelike tuiste

Die bekende skrywer Frederic Raphael het in die artikel Why and why not gepeins oor geloof en verwêreldliking wat oral posvat. Hy meen dat dit beter is om in skeptisisme weg te raak as om vas te val in sekerhede.

Raphael verwys na dogmatiese nutteloosheid wanneer ons God se bestaan wil bewys óf ontken. Hy glo dat niemand ’n ander persoon se reg om in God te glo, of om daardie geloof op ’n spesifieke manier uit te leef, mag wegneem nie. Hy is egter ongemaklik met enige druk wat op mense geplaas word om te glo. Hy sluit selfs kinders wat deur ouers begelei word om te glo, hierby in. Indien ’n teorie (geloof) nie bewys kan word nie, hoe edel dit ook al mag wees of klink, moet mense se vryheid van denke en afleiding gerespekteer word. Hy stel verder dat wanneer ons vasgevang is in ’n bepaalde dogma of geloofskring, ons menslike intellek ingeperk word, ons individualiteit aan bande gelê word en ons onverdraagsaamheid teenoor andersdenkendes merkbaar verhoog.

Read more ...

Die reg om aanstoot te gee?

Voordat ons praat, moet ons altyd eers vra: Is dit waar? Is dit hoflik? Is dit nodig om iets te sê? Indien die antwoord op enige van hierdie vrae nee is, kan dit die moeite loon om eerder stil te bly.

Immanuel Kant het geskryf dat vryheid van spraak waarskynlik die mees skadelose vorm van vryheid is. Hy het moeite gedoen om veral die verligte regeerders van sy tyd daarvan te oortuig dat hulle hierdie vryheid moet respekteer en akkommodeer. Elkeen se stem is immers belangrik. John Stuart Mill het gesê dat vryheid van spraak en vryheid van uitdrukking een en dieselfde ding is. Dit gaan oor die vermoë en die geleentheid om jouself te laat geld in ’n bepaalde samelewingstruktuur. Hy het dus net so sterk soos Kant gevoel oor die geleentheid om te mag sê wat jy wil en om selfs te handel soos jy goed dink (binne bepaalde parameters natuurlik).

Read more ...

Hoop onder die oppervlakte

...deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut (Klaagliedere 3: 22-23)

Gerhard Verdoorn skryf ’n treffende artikel in die dagblad Beeld (5 Januarie 2016) waarin hy die droogte en gepaardgaande ellende met beelde uit die natuur beskryf. Hy verduidelik hoe sekere plante en diere ’n buitengewone vermoë het om in droogtes te oorleef. ’n Haasbolletjie wat byvoorbeeld agter ’n ysterklip skuil en die mistigheid van die vroeë oggend benut om doudruppels vir oorlewing op te vang. ’n Veldrot wat rustig sy pels kam asof môre nie nog ’n dag is nie. By die ingang van sy gat lê ’n klompie droë saadjies wat hy versamel het om die droogte te oorkom.

Read more ...

God begin nuut met ’n Kind

Terwyl ek hierdie artikel skryf, is my eerste kleinkind gebore. Onwillekeurig dink ’n mens hoe God met mense op pad is, dat Hy telkens weer van vooraf begin, alles weer nuut maak. En opvallend: God begin so dikwels sy vernuwingswerk met ’n kind.

Blaai ’n mens deur die Bybel, dan lees jy die verhaal van Abraham en Sara wat oud en kinderloos was. God begin ’n nuwe verbond met die wonderbaarlike geboorte van hul seun Isak. Moses word as baba deur God se voorsienigheid uit die Nylrivier gered. Hanna en Elkana was kinderloos, maar Hanna bid en hulle ontvang ’n “geskenk van God” – Samuel. Samuel word reeds as jong seun deur God geroep en as profeet aangewys. Later salf hy nog ’n jong seun, besig om skape op te pas, om koning van Israel te word, en ons sing steeds die psalms wat koning Dawid geskryf het. Jeremia is as kind tot profeet geroep. Johannes die Doper se ouers (Elisabet en Elkana) was ook kinderloos. Johannes se geboorte is ’n wonder, en hy berei die pad vir nog ’n Kind wat deur die krag van God verwek en gebore word – Jesus Christus.

Deur die geskiedenis het God groot dinge laat gebeur. Die Bybel vertel vir ons dat dit gebeur wanneer ’n kind gebore word. Kinders staan in die teken van hoop, van ’n nuwe begin, van God wat aan mense ’n nuwe lewe skenk.  Die Kind in Betlehem bring hoop en nuwe lewe.

Mag elke lidmaat van die Hervormde Kerk hierdie Kerstyd iets van hierdie nuwe lewe en hoop ervaar. Mag elke kinderlaggie ons herinner dat God groot dinge laat gebeur – selfs deur die kleinste dingetjies.