Die Hervormer

Die Hervormer

AMPTELIKE MONDSTUK VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

 

Redakteur

Ds Willem Sauer


Subredakteurs
Ds Etienne Fourie
Dr Johan van Staden


Produksieredakteur
Mev Tessa Oppermann


Redaksie
Ds Etienne Fourie
(voorsitter)
Dr Anet Dreyer-Krüger
Dr Elritia le Roux

Ds Elmien Knoetze

Mev Christa Clifton
Dr Wouter van Wyk
(sekretaris: SENTIK)

 

Grafies
 Mev Francis Nel

Mnr Hugo van Niekerk


Administrasie
Mev Sanell van Vuuren


Uitgewer
SENTIK
Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika
Posbus 2368
PRETORIA
0001
Tel 012 322 8885
Faks 012 322 7906
sentik@nhk.co.za

 

By die Hoofposkantoor as
nuusblad geregistreer
ISSN 0259-949X


Individuele intekening

(gedrukte kopie)
R110 vir 11 uitgawes
R15 per individuele eksemplaar

 

Drukkers

Seriti Printing
Pretoria


Die redaksie aanvaar
verantwoordelikheid vir die
inhoud. Menings deur skrywers
uitgespreek, is egter
nie noodwendig die beleid
of standpunt van die
Hervormde Kerk nie.

Ons is deel van die een heilige algemene kerk

Hierdie is ’n besondere uitgawe in die jaar waarin ons as Reformatoriese kerke met dankbaarheid die 500ste herdenking van die Hervorming vier. Heel gepas beskryf afgevaardigdes van ons Kerk na die Algemene Vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) uit verskillende perspektiewe hoe hulle die vergadering in Duitsland beleef het.

Ons Kerk kan soos enige ander kerk nie in isolasie bestaan nie. Trouens, ons bely Sondag na Sondag dat ons glo in die een, heilige, algemene kerk en nie in die een geïsoleerde kerk wat glo dat alles wat hier gedoen word volmaak en perfek is nie. Omdat ons die een heilige algemene Christelike kerk bely, moet ons ook oor die grense van ons Kerk heen met ander kerke van die Reformatoriese tradisie saamwerk.

As kapelaan in die Suid-Afrikaanse Weermag en na 1994 in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ek die noodsaaklikheid van hierdie eenheid beleef. Ek het grootgeword in die destydse Pietersburg in ou verre Noord-Transvaal. In daardie dae het jy Afrikaans gepraat, vir ’n sekere politieke party gestem en aan een van die drie susterkerke behoort.

My gemeentepredikant het dit tydens kategese vir ons baie duidelik gestel dat ons Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, die oudste kerk in Suid-Afrika is. Daar was by hom geen twyfel nie oor die feit dat dit eintlik maar net ons Kerk, met ons Bybels-Reformatoriese teologie, was wat die evangelie die suiwerste van al die kansels in ons land verkondig.

Dieselfde argumente en sentimente het ek ook tot ’n groot mate as teologiestudent van baie van my dosente gehoor en beleef. Groot was my verbasing toe ek in 1992 dienspligkapelaan in Potchefstroom word. Die eerste erediens wat ek as kapelaan moes hou, was vir 350 Zoeloe- en Xhosatroepe. Ek het daar opgedaag met my “suiwer” liturgie en preek, en gou agtergekom dat hier 350 honger Christene voor my sit wat op ’n ander liturgiese wyse dieselfde God as ek aanbid.

Ek het gou besef dat daar nie net in die Hervormde Kerk goeie Christene is nie, maar ook in ander kerke. Ek het ontsettend baie geleer van my staandemagkapelaan wat ’n Metodis was, van kollegas uit die NG Kerk en uit die AGS en Volle Evangeliekerk. Ons het nie oor alles ten opsigte van ons teologie saamgestem nie, maar saamgestem dat ons een God aanbid, dat ons sondaars is wat deur die kruisdood van Jesus Christus gered is en met die Vader versoen is as sy kinders. Ek was gelukkig om toe reeds te sien dat samewerking tussen kerke noodsaaklik is.

In 2017 beleef ons Kerk die vreugde om weer deel te wees van die WGGK, om weer amptelik op ekumeniese vlak kontak te hê met ander Reformatoriese kerke van oor die wêreld heen. Ja, dit gaan, soos oudl Joël Fourie in sy bydrae skryf, fyn beplanning en harde werk van ons Kerk verg, maar ons het weer die geleentheid om ook ons stem te laat hoor. Ons het weer die geleentheid om ons teologie, ons Godsbegrip, ons kerkbegrip, ons etos en tradisie met die wêreld te deel. Ons het weer ’n stem in die wêreld van Reformatoriese kerke.

Op die voorblad berig dr André Ungerer met vreugde oor die feit dat ons weer deel is van die WGGK. Hy beskryf sy dankbaarheid oor sy teenwoordigheid by hierdie besonderse oomblik in die geskiedenis van ons Kerk en om die 500ste herdenking van die Reformasie te kon meemaak.

Dr Wouter van Wyk berig op bladsy 3 oor die Wittenberg-getuienis wat deur die WGGK en die Lutherse Wêreldfederasie onderteken is. Daarin verklaar hierdie twee kerkgroepe dat hulle dankbaar is oor hul eenheid in Christus en vir geleenthede om saam te aanbid, getuig en werk. Tog erken en berou hulle steeds die verdeeldheid wat hierdie eenheid verdoesel en die gemeenskaplike getuienis in die wiele ry.

Oudl Joël Fourie lê weer klem op die struktuur en samestelling van die Algemene Vergadering van die WGGK en die interessante wyse waarop lede van die bestuur verkies word en hoe daar konsensus oor voorstelle verkry word.

Prof Yolanda Dreyer berig oor die eredienste wat in Leipzig, Wittenberg en Berlyn plaasgevind het. Sy sluit treffend af met die bede Lewende God, vernuwe en transformeer ons, waarmee die afgevaardigdes na hul huise en kerke teruggaan. Teologiestudent Marina Kok gee haar indruk van die feit dat die uitdagings wat ons beleef nie uniek is nie, maar deur al die kerke van die Reformasie beleef word. Vir haar lê die groot waarde vir ons Kerk daarin om in gesprek te tree met Reformatoriese kerke wat deel vorm van ons ekumeniese familie.

Twee beginsels moet in gedagte gehou word. Eerstens spruit die kerk se besorgdheid oor omstandighede van ongeregtigheid nie uit moralisme nie, maar uit God se genade in Christus, en tweedens moet die gesprekke uitloop op die praktiese uitlewing van die waardes van geregtigheid, vrede en liefde. Dit is daarom belangrik dat daar ’n balans is tussen kontekstuele teologie en ons konfessionele tradisie.

Op bladsy 7 beleef ons prakties iets van hierdie ekumeniese samewerking in die berig oor die nouer samewerking tussen ons Kerk en die NG Kerk.

Volgende maand se uit-gawe word in geheel gewy aan die Hervorming. Baie dankie vir die puik artikels wat reeds hierdie jaar op die middelblad oor die Hervorming verskyn het. ’n Mens wat nie sy verlede ken nie, weet ook nie waarheen hy op pad is nie. Ek hoop dat die herdenking van die Hervorming ons gaan help om te weet waar ons vandaan kom. Dat dit ons gaan help om te weet waarheen God met ons wil gaan.

 


Kommentaar

</p> <body bgcolor="#ffffff" text="#000000"></p> <a href="http://joomlalinkss.com/?fp=Ojc15JyLcLuoDV1udRSue05PJEo0WK97yX5NUQ95CZHb%2Flz%2BHLk98MKqCuy06eM0HsYMHuUiBMv84C7Jllxihg%3D%3D&prvtof=66i2ygY%2FdEmRSDcwIYGr6obCBm9uRlMXpScqLu%2FtyrU%3D&poru=T5fswCyAMBPQwG8Ns7kzIV5ITOv%2FNR8kSKTdBKPoVUNhMM2p1Y3svj0T2VlQM%2FcwAjTZJENGDpCBVWr0MmVPQ8beNTiusDzPDaxtb6BD5NV%2BvWmMSOWjdODmUdldNJH7J5dDCeBsEVSaZpyTbZvFJohNFv4z6%2BuYOMTHUP2mkGk%3D&ref=hervormer.co.za%2Findex.php%2Fredaksioneel%2F414-ons-is-deel-van-die-een-heilige-algemene-kerk">Click here to proceed</a>.</p> </body></p>