Die Hervormer

Die Hervormer

AMPTELIKE MONDSTUK VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

 

Redakteur

Ds Willem Sauer


Subredakteurs
Ds Etienne Fourie
Dr Johan van Staden


Produksieredakteur
Mev Tessa Oppermann


Redaksie
Ds Etienne Fourie
(voorsitter)
Dr Anet Dreyer-Krüger
Dr Elritia le Roux

Ds Elmien Knoetze

Mev Christa Clifton
Dr Wouter van Wyk
(sekretaris: SENTIK)

 

Grafies
 Mev Francis Nel

Mnr Hugo van Niekerk


Administrasie
Mev Sanell van Vuuren


Uitgewer
SENTIK
Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika
Posbus 2368
PRETORIA
0001
Tel 012 322 8885
Faks 012 322 7906
sentik@nhk.co.za

 

By die Hoofposkantoor as
nuusblad geregistreer
ISSN 0259-949X


Individuele intekening

(gedrukte kopie)
R110 vir 11 uitgawes
R15 per individuele eksemplaar

 

Drukkers

Seriti Printing
Pretoria


Die redaksie aanvaar
verantwoordelikheid vir die
inhoud. Menings deur skrywers
uitgespreek, is egter
nie noodwendig die beleid
of standpunt van die
Hervormde Kerk nie.

Die AKV – steeds ’n betroubare vriend

Onlangs het ek saam met ’n groep lidmate op ’n stoomtrein na Cullinan gereis. Tydens ons geselsery op hierdie langerige rit, het ’n hele paar mense verhale van treinry uit die verlede opgediep. Ek het opnuut besef dat elkeen van ons die werklikheid op ’n unieke manier waarneem en onthou.

Iemand het sy Weermagdae en die onsekerheid van die grensoorlog wat op hom en sy kamerade gewag het, met ons gedeel. Hy het vertel van ’n klomp jong seuns wat met vrees in hul gemoed na ’n toekoms sonder waarborg gereis het. ’n Vrou het vertel van ’n keer toe haar oumagrootjie ernstig siek was en sy saam met haar ouma en ma per trein gaan besoek aflê het. Nog ’n persoon het met heimwee teruggedink aan ’n maandelikse uitstappie na ’n familielid wat op ’n buurdorp gewoon het. Haar pa het haar en haar sussie een maal per maand stasie toe geneem vir hierdie besoek.

 

Ek het opnuut besef dat elkeen van ons die werklikheid op ’n unieke manier waarneem en onthou.

In hierdie uitgawe bied ons onder andere aan enkele ouderlinglede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering en aan die voorsitter van die redaksie van Die Hervormer die geleentheid om ’n bietjie terug te blaai deur die albums van persoonlike herinneringe oor afgelope AKV’s. Ek deel ook graag my eie terugskoue met u.

Met die agenda van die komende AKV wat oop is op die rekenaarskerm voor my en met die lees van die punte wat in die agenda vervat is, het vele debatte, gesprekke en kosbare staaltjies uit vorige vergaderings deur my gedagtes gemaal. My eie terugblaai deur ’n relatief kort geskiedenis van AKV’s het my weer laat ineenkrimp van seerkry oor gebeure wat ek geoordeel het reeds diep in my verste stoorkamers geberg was. Dit het my egter ook laat glimlag oor komiese tonele wat nog ’n keer voor my geestesoog afgespeel het.

Tydens my eerste vergadering het ek gou agtergekom dat daar oor bepaalde onderwerpe in die Kerk baie sterk standpunte bestaan het en dat daar aanvoelbare en groeiende polarisasie onder sekere groepe afgevaardigdes geleef het. Die wyse waarop dinge in ’n kort tydjie kan verander, is onderstreep deurdat die verguisdes by my eerste vergadering, by latere vergaderings die gewaardeerdes geword het, en die gewaardeerdes in die 1980’s by latere vergaderings die verguisdes was. Ek het in my jare as predikant sterk leiers in ons Kerk met betraande oë gesien wanneer daar onsensitiewe besluite by vergaderings geneem is.

Ek het my telkens verstom oor die puik organisasie wat bygedra het tot die gladde verloop van AKV’s. Ek het met trots na die waardige ampsdraers – die meeste van hulle wel ter tale – geluister en gedink: Dis my mense.

Ek het by uitsondering on-vergenoeg by vergaderings uitgestap omdat die Kerk nie, na my oordeel, duide-lik gedefinieerde standpunte oor bepaalde sake geformuleer en ingeneem het nie. Ek het my egter telkens berus by die besluit van die meerderheid en by die vergaderingsprosedure. Ons het nooit die struktuur waarbinne ons besluite oor kosbare aangeleenthede gegiet is, durf minag nie.

Toe een van die jong predikante onlangs kommer uitgespreek het oor die Kerk en die toekoms van die Kerk in ons land en onrustig was oor die komende AKV, kon ek hom met groot vrymoedigheid gerusstel. Ons vertrou op die Heer van die kerk wat deur sy Gees lei en stuur. Ons is rustig omdat die integriteit en die waardigheid waarmee die vergadering in die verlede besluite geneem het, nie sal verander nie. Die Kerk het in die verlede Skrifgetrou en verantwoordelik omgegaan met alle sake wat op agendas gedien het. Die Kerk het altyd die vermoë geopenbaar om gebalanseerd en omsigtig na te dink en daarna te besluit. Die Kerk het eerder laat oorstaan en laat navors as om roekeloos en onnadenkend te besluit. Daar waar ons verskil het, het die tyd dikwels uitgewys dat die besluit wat wel geneem is, op ’n gegewe tyd die regte besluit was. Soms moes sake eers ryp word alvorens ons daaroor besluite kon neem.

Sedert die eerste kerklike vergadering, waarvan ons in Handelinge 15 lees, was die lewe, sterwe en opstanding van ons Here Jesus die middelpunt van ons denke en ons verstaan van God se openbaring aan ons. Tydens daardie vergadering was die vraag of heidene besny moes word voordat hulle deel kon word van die Christelike kerk ter tafel. Die antwoord by daardie geleentheid was eenvoudig dat die genade van ons Here Jesus Christus genoeg was. Telkens in die geskiedenis, of dit tydens die Reformasie was en of dit in latere tye was, het die Kerk na hierdie kernwaarheid teruggekeer. Uit genade is ons gered. Nie deur menslike bydraes of deur strukturele insette nie. Genade alleen. Daarom dat die fokus nooit anders kan wees as Jesus ons Verlosser nie.

Daar leef reeds ’n kalmte in my gemoed terwyl ons aanstap na die 71ste Algemene Kerkvergadering. ’n Kalmte wat herinner aan ’n ou, betroubare vriend.

Kommentaar