Die Hervormer

Die Hervormer

AMPTELIKE MONDSTUK VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

 

Redakteur

Ds Willem Sauer


Subredakteurs
Ds Etienne Fourie
Dr Johan van Staden


Produksieredakteur
Mev Tessa Oppermann


Redaksie
Ds Etienne Fourie
(voorsitter)
Dr Anet Dreyer-Krüger
Dr Elritia le Roux

Ds Elmien Knoetze

Mev Christa Clifton
Dr Wouter van Wyk
(sekretaris: SENTIK)

 

Grafies
 Mev Francis Nel

Mnr Hugo van Niekerk


Administrasie
Mev Sanell van Vuuren


Uitgewer
SENTIK
Nederduitsch Hervormde
Kerk van Afrika
Posbus 2368
PRETORIA
0001
Tel 012 322 8885
Faks 012 322 7906
sentik@nhk.co.za

 

By die Hoofposkantoor as
nuusblad geregistreer
ISSN 0259-949X


Individuele intekening

(gedrukte kopie)
R110 vir 11 uitgawes
R15 per individuele eksemplaar

 

Drukkers

Seriti Printing
Pretoria


Die redaksie aanvaar
verantwoordelikheid vir die
inhoud. Menings deur skrywers
uitgespreek, is egter
nie noodwendig die beleid
of standpunt van die
Hervormde Kerk nie.

Geestelike evolusie

Ons soek deurlopend na antwoorde oor waar ons vandaan kom, hoe ons deur die millennia ontwikkel het, en waarheen ons op pad is. In ons stelselmatige ontdekking van antwoorde op hierdie vrae – en die Kerk móét vra en soek – land ons telkens weer by die Skepper en die Gewer.

Herman Carstens skryf in die gespreksforum Dialoog – gesprekke oor geloof oor die evolusie van spiritualiteit. Hierin verwys hy na baie mense se siening dat die kerk ...’n bietjie soos ’n blindederm geword het: ’n oorblyfsel van ’n langvergete era. ’n Skadelose artifak wat soms ontsteek en dan liefs verwyder moet word.

Hy meen Bybelstudie, lofprysing en gebed het in baie kerke vervlak tot die alledaagse, ’n leë soort geestelikheid. Dalk is die Kerk soms daaraan skuldig dat dit rympies oor geloof wat deur die jare by ons ingebrand is, tot vervelens herhaal en dat ons ’n vrees vir nuwe idees en verruimde denke ontwikkel het. Ons meen dalk dat om wyer te kyk en te dink die kern en wese van ons geloof sal aantas of, erger nog, vernietig.

Carstens se oplossing vir hierdie moontlike stagnering en die mens se soeke na iets meer en dieper, lê onder andere opgesluit in die begrip waarheid. Die kerk het deur die eeue skynbaar skitterend daarin geslaag, aldus Carstens, om lastige vrae te vermy. Die waarheid is egter vir elke lidmaat van groot belang. Die waarheid kan omkrap en twyfel wakker maak. Tog kan ons nie sonder die waarheid met God en sy Woord omgaan nie. Die sensitiewe evolusiedebat is een van hierdie stekelrige onderwerpe waarvan die waarheid menige gelowige kan ontstel en wat polarisasie binne ’n bepaalde kring, moontlik óns geloofskring, tot gevolg kan hê.  

Carstens meen egter dat ons hierdie en ander debatte binne die omgeekring van gelowiges moet voer, omdat Christelike spiritualiteit warmer is as bloot kille feite. Ons soeke na die waarheid behoort gelowiges weer by die bron, die begin en einde van alles – in ons geloofstaal, die Alfa en die Omega – uit te bring. In die geborge kring van medegelowiges kan ons inderdaad druk en skuif aan die grense van vooropgestelde idees en skynbaar vasgegote teologiese strukture.

Hy gebruik ’n gedig van TS Eliot (The Four Quartets – Little Gidding) waarvoor Eliot die Nobelprys ontvang het as voorbeeld van sy denkrigting. Eliot was terloops ’n gelowige maar het baie laat in sy lewe eers tot bekering gekom. Hy was trouens reeds 39 jaar oud toe hy ’n lidmaat van die kerk geword het. Baie van die gedigte wat ná sy bekering geskryf is, het ’n Christelike of geestelike inslag gehad. ’n Greep uit die genoemde gedig lui so:

We shall not cease from exploration
And the end of all our exploring
Will be to arrive where we started
And know the place for the first time.
Through the unknown, unremembered gate
When the last of the earth left to discover
Is that which was the beginning:
At the source of the longest river
The voice of the hidden waterfall
And the children in the apple-tree

Not known, because not looked for
But heard, half-heard in the stillness
Between two waves of the sea.

Hoewel die waarheid nooit verabsoluteer kan word nie en dit in ’n groot mate afhang van die paar oë wat daarna kyk of die ore wat daarna luister (relasioneel), is ons tydelike en onvolledige ontdekking daarvan daaraan onderworpe dat ons telkens weer sal terugkeer na die Bron, na die Waarheid – Jesus Christus.  

Ons soek deurlopend na antwoorde oor waar ons vandaan kom, hoe ons deur die millennia ontwikkel het, en waarheen ons op pad is. In ons stelselmatige ontdekking van antwoorde op hierdie vrae – en die Kerk móét vra en soek – land ons telkens weer by die Skepper en die Gewer. Die pad, die proses, is egter noodsaaklik. Daarsonder sal ons nie die spesifieke  werklikheid waarmee ons al so dikwels gekonfronteer is, beter kan verstaan nie. Geestelike of spirituele evolusie, verdieping in die wydste sin van die woord, kan net in ons ontdekking en bestudering van die werklikheid rondom ons realiseer.

Herman Toerien, prof Alex Antonites en ds Kobus Pienaar neem ons in hierdie uitgawe op ’n reis wat in ’n mate reeds al aan almal bekend is. Dit is egter ’n reis wat die onbekende en moontlik gevreesde meer bekend maak. Dit is ’n reis wat, deur ’n gelowige se oë gesien, nie anders kan nie as om weer by God te eindig. Op hierdie pad wag daar moontlik vir ons ’n brokkie geestelike evolusie.