Die Hervormer

Volksvreemde teologie?

’n Klein groepie predikante van ons Kerk het jaarliks die afgelope drie jaar vir ’n simposium oor invloedryke Duitse teoloë in Pretoria byeengekom. Verskeie lidmate en selfs sommige predikante sal vra waarom simposia soos hierdie nodig is. Word ’n stokperdjie van ’n paar mense met te veel tyd op hande aan die groot klok gehang, en word in die proses nie baie tyd, energie en geld verkwis nie?

In ’n land en kerklike omgewing waar praktiese vaardigheidsopleiding in die vorm van kort toegepaste kursusse se lof wyd besing word, is dit byna vanselfsprekend dat waardering vir akademiese navorsing sal kwyn. Teologiese navorsing is al tot so ’n mate in ons samelewing gediskrediteer dat gevra word waarom teologiese navorsing as sodanig nou juis nodig is. Soveel te meer wil mense weet wat navorsing oor spesifiek Duitse teologie Suid-Afrikaners in die sak kan bring. Die nuttigheidswaarde van die hele onderneming staan onder verdenking.

Read more ...

Fresh Expressions – vars uitdrukkings van kerkwees

Met die aanvaarding van die gewysigde Kerkorde tydens die 71ste Algemene Kerkvergadering het die Kerk bevestig dat die missionale gerigtheid van die Kerk ’n wesenseienskap van die kerk is. Missionale aktiwiteite is nie opsioneel nie, dit is essensieel. 

J Andrew Kirk illustreer dit pragtig wanneer hy sê: The church is by nature missionary to the extent that, if it ceases to be missionary, it has not just failed in one of its tasks, it has ceased to be church.

Alhoewel die Kerk nog altyd bewus was van haar opdrag soos ons dit in Matteus 28: 19-20 kry, blyk dit dat meer aandag gegee is aan die instandhouding van die Liggaam van Christus as aan die uitgaan na en dissipellering van mense. Die Kerk is konstant in die versoeking om na binne gerig te wees. Hierdie na binne gerigtheid het dikwels tot gevolg dat die missionale karakter van die Kerk afgewater word en selfs in die niet verdwyn.

Read more ...

Begeleiding van gemeentes

Weens uiteenlopende uitdagings verkeer verskeie gemeentes in situasies van vasgelooptheid met ’n sterk fokus op finansiële oorlewing en instandhouding, ’n na binne gerigte fokus wat missionale momentum verhinder en visie vervaag, ’n gebrek aan leierskap en ’n onvermoë om te groei en geestelik te ontwikkel.

Verandering gebeur vinnig, onverwags, onrealisties, omvattend en met kollektiewe impak. Die vraag is of die gemeente die nodige administratiewe, organisatoriese, finansiële en selfs teologiese onderbou en vaardighede het om die nodige aanpassings te doen. Aanpassings in ’n geloofsgemeenskap gebeur met die doel om viering, gemeenskap, getuienis en diens doeltreffend te vervul. In die opbou van die gemeente gaan dit nie primêr oor die gemeente nie, maar allereers om die eer van God. Ter wille van Hom, word die gemeente opgebou en nuutgemaak.Die roeping van die Kerk is vir alle gemeentes ’n saak van hoogste prioriteit en word so in die Kerkorde van die NHKA gedefinieer: om die blye boodskap van Jesus Christus, die gekruisigde en opgestane Heer, as die enigste Verlosser te bely en in die wêreld te verkondig. 

Read more ...

My ware identiteit

Skrywer GysElsGod sê vir ons almal: Jy is my seun en my dogter. Ek is baie lief vir jou. Jy maak my hart bly. Dis wie ons is. Dis die identiteit van ’n gelowige. Dit is die “self” wat God gemaak het en as beeld op hierdie aarde geplaas het om God teenwoordig te maak. Dis ons “ware self.”

Lukas 3: 21-22 vertel dat toe Jesus gedoop word, die hemel oopgaan, die Heilige Gees soos ’n duif op Hom neerdaal, en ’n stem uit die hemel – duidelik God se stem – vir Hom sê:

1933: U is my geliefde Seun, in U het Ek ’n welbehae.

1983: Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.

NLV: Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.

Bybel vir almal: Jy is my Seun, Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.

Eugene Peterson se Message-vertaling sê: You are my Son, chosen and marked by my love, pride of my life.

Read more ...

Hoe sou ’n (Hervormde) gemeente in die toekoms lyk?

Ek het die naam Hervormde in die opskrif opsetlik tussen hakies geplaas. Die vernaamste rede is demografiese vooruitskattings, soos onder andere dié van Clem Sunter (2015) ten opsigte van die jaar 2030.

Vir die ouderdomsgroep 0-24 jaar (in elke groep van 100 mense), meen Sunter behoort die getalleverhouding soos volg daar uit te sien: 91 swart, 7 kleurling-, 1 Asiër- en 1 wit jeugdige. Dit is ’n skrale 14 jaar hiervandaan. My doel met hierdie artikel is nie om swartgallig te wees nie. Ek is oortuig dat ’n realistiese beeld van die werklikheid ons veel verder sal bring sonder dat ons die prooi van verlamming hoef te word.

Read more ...