Die Hervormer

Predikantevergadering 2017

Alle mense is soos alle ander mense. Alle mense is soos geen ander mense, en alle ander mense is soos sommige ander mense.

Hierdie aanhaling uit die mond van prof Cas Wepener sê nogal iets van die belewenis van die Predikantevergadering van 2017. Ons is eintlik almal eenders, terwyl ons tog ook van mekaar verskil, en soms is daar mense om ons wat soos ons is. Dit speel ’n belangrike rol in hoe ons Christenwees verstaan en ook hoe ons na die prediking luister. Dit speel ook ’n rol in hoe elkeen oor die vergadering se inhoud en verloop sal oordeel. Wat wel seker is, is dat almal die skaapbraai die aand na die vergadering terdeë geniet het!

Read more ...

Wat op aarde moet die ringsvergadering doen?

Een van die dae is dit weer tyd vir die jaarlikse ringsvergadering. Ag, ellende! Nog ’n vergadering! Nog ’n spul verslae! Nog ’n ydele gepraat tot die perde horings kry!

Wel, iets soortgelyk kan ’n mens seker sê van enige geleentheid wat nie goed benut word nie: ’n ouervergadering, ’n rugbyoefening, of selfs ’n erediens! As die geleentheid, aan die ander kant, goed benut word, kan ’n ouervergadering rigting gee aan die skool se aktiwiteite, kan ’n rugbyoefening die span op die wenpad plaas, en kan die erediens die polsslag van ’n lewende gemeente wees.

Read more ...

Haatspraakwetgewing en die kerk

De kerk moet weer smoel krijgen, word deesdae in Nederland gesê. Dit geld natuurlik onverdund ook in Suid-Afrika – die kerk móét ’n openbare gesig, stem en teenwoordigheid hê. ’n Kerk sonder ’n smoel is gedoem tot irrelevansie.


Teen hierdie agtergrond het die NHKA, saam met sy vennote in die Tussenkerklike Raad, die NGK en die GKSA, ’n voorlegging by die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling ingedien waarin beswaar aangeteken word teen die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak. Daar is meer as voldoende gronde om te versoek dat die wetsontwerp in sy huidige formaat geskrap word, of ten minste grondig hersien word.

Read more ...

’n Nuwe ou strategie

Die gemeente se bankrekening was nie altyd die spil waarom die gemeente se werksaamhede gedraai het nie. En dit bedoel ek nie in die negatiewe sin van die woord nie. Wat ek hiermee bedoel, is dat dit nie altyd so gewerk het dat gelowiges hul offergawes in die gemeente se bankrekening inbetaal het, en dit van daar verdeel en versprei is na al die plekke waarheen geld moes gaan nie. Eens op ’n tyd het gelowiges besluit waarvoor hulle ’n offer wil bring, en as dit ’n finansiële offer was, hoe en waar hulle dit wou bring.

Presies hoe en waar is moeilik om te bepaal, maar baie jare gelede het dit gebeur dat die Kerk sy diakens begin uitstuur het om mense se offers by hulle te gaan haal en dit kerk toe te bring, sodat die kerkraad kon besluit hoe dit aangewend moes word. Die offergaweboek en die gemeente se bankrekening het twee noodsaaklike ratte in die kerklike masjien geword. Die bedoeling daarmee was nie sleg of verkeerd nie – in daardie stadium was dit net meer prakties om dit so te doen.

Read more ...

Volksvreemde teologie?

’n Klein groepie predikante van ons Kerk het jaarliks die afgelope drie jaar vir ’n simposium oor invloedryke Duitse teoloë in Pretoria byeengekom. Verskeie lidmate en selfs sommige predikante sal vra waarom simposia soos hierdie nodig is. Word ’n stokperdjie van ’n paar mense met te veel tyd op hande aan die groot klok gehang, en word in die proses nie baie tyd, energie en geld verkwis nie?

In ’n land en kerklike omgewing waar praktiese vaardigheidsopleiding in die vorm van kort toegepaste kursusse se lof wyd besing word, is dit byna vanselfsprekend dat waardering vir akademiese navorsing sal kwyn. Teologiese navorsing is al tot so ’n mate in ons samelewing gediskrediteer dat gevra word waarom teologiese navorsing as sodanig nou juis nodig is. Soveel te meer wil mense weet wat navorsing oor spesifiek Duitse teologie Suid-Afrikaners in die sak kan bring. Die nuttigheidswaarde van die hele onderneming staan onder verdenking.

Read more ...