Die Hervormer

Die Sinode van Dordrecht van 1618-1619 (Deel 1)

Die Nederduitsch Hervormde Kerk bely in gemeenskap met die kerk van alle eeue sy geloof in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. So word dit ter aanvang in die Kerkorde gestel waardeur bevestig word dat die Kerk ’n belydende Kerk is. Die belydenis van die Kerk is enersyds geskoei op die Bybel as Woord van God, maar andersyds verwoord aan die hand van die drie ekumeniese belydenisskrifte, asook in die Reformatoriese belydenisskrifte, die sogenaamde formuliere van eenheid.

Die formuliere van eenheid bestaan uit die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB), die Heidelbergse Kategismus (HK), en die Dordtse Leerreëls (DL). Die Nederlandse Geloofsbelydenis is deur Guido de Brès (1522-1567) geformuleer wat hy in die nag van 1 en 2 November 1561 oor die kasteelmuur van Doornik gegooi het, geadresseer aan koning Philips II. Die bedoeling was om die vyandige koning van Spanje wat Calviniste in die Suidelike Nederlande vervolg het, te oortuig dat die Calviniste ’n suiwer Bybelse leer verkondig en aanhang. Sy identiteit word ontdek en hy betaal daarvoor met sy lewe op ’n brandstapel.

Read more ...

Wat glo ons?

Deur die loop van 2018 en 2019 herdenk Reformatoriese kerke regoor die wêreld die Sinode van Dordrecht. Die Sinode het aan die einde van 1618 in die stad Dordrecht sitting geneem en het op 29 Mei 1619, na 180 sittings, plegtig met ’n erediens afgesluit.

Die Sinode het onder andere die Dordtse Leerreëls opgestel, wat een van die Hervormde Kerk se drie belydenisskrifte is. Saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus, vorm die Dordtse Leerreëls die drie formuliere van eenheid, waarin die kerklike belydenis verwoord word.

Read more ...

Die nuwe direkte vertaling van die Bybel

Die Afrikaanse vertaling van die Bybel waaraan tans gewerk word, naamlik Die Bybel: ’n Direkte Vertaling, is deur die Bybelgenootskap onderneem nadat die Kerklike Advieskomitee (Die Bybel in Afrikaans) so ’n versoek gerig het

Feitlik alle kerke en kerkgenootskappe wat Afrikaans in eredienste gebruik, het sittingsreg in hierdie advieskomitee. Met die aanvang van die huidige vertaalprojek het die Bybelgenootskap alle lede van die Kerklike Advieskomitee gevra om vertalers te nomineer. In die span van ongeveer 140 medewerkers is daar dus lidmate van ’n wye verskeidenheid van kerkgenootskappe.

Read more ...

Versameling historiese artikels aan Kerkargief geskenk

Die Kerkargief het onlangs ’n belangrike historiese skenking van prof Casper Labuschagne ontvang. Hy en sy vrou het in die loop van die 1960’s koerantartikels versamel wat Suid-Afrika se onstuimige geskiedenis uitbeeld. Drie volumes, meer as 400 bladsye, met honderde koerantartikels, is nou in die Kerkargief in die gebou van die Erfenisstigting op die terrein van die Voortrekkermonument vir navorsers beskikbaar.

Presies 50 jaar gelede, deur die loop van 1967, het dr Cas Labuschagne Suid-Afrika verlaat om sy loopbaan as dosent in Ou Testament aan die Universiteit van Groningen te begin. Dit was meer as ’n loopbaankeuse – dr Labuschagne was een van die Hervormde predikante wat in die 1960’s, as gevolg van hul weerstand teen apartheid, die Kerk verlaat het en elders ’n heenkome gevind het.

Read more ...

Van vasgeloop na nuwe moontlikhede

Die tema van 2017 se Voortgesette Teologiese Toerusting (VTT) is Die bestuur van verandering. Ja, die bestuur van verandering, en dit nogal in die Kerk...

Iemand hoef nie ’n slim of geleerde kenner te wees om te besef dat ons in ’n snelveranderende wêreld leef nie. Oor die laaste dekade het tegnologie byvoorbeeld so vinnig verander dat dit die meeste van ons agtergelaat het. Verandering gebeur egter nie net op die terrein van tegnologie nie. Nee, geen deel van ons lewe het hierdie snelle verandering vrygespring nie. Selfs die Kerk word gekonfronteer met ongekende verandering.

Read more ...