Die Hervormer

Regstelling

In die April 2019-uitgawe van Die Hervormer, in ’n artikel oor die relatief groot groep predikante wat die afgelope jaar geëmeriteer het, is verkeerdelik aangedui dat ds Freddie Nortje verlede jaar met siekte-emeritaat gegaan het. Hy het egter met vroeë emeritaat gegaan. Ons stel graag die regte feite.