Die Hervormer

NHSV Streekbyeenkomste 2018

Alle vrouelidmate word vriendelik uitgenooi na die NHSV se streekbyeenkomste wat plaasvind vanaf Mei 2018 tot September 2018.

Die streekvoorsitters sal die nodige inligting aan takke versprei. Soos in die verlede sal dit weer eens verrykende byeenkomste wees. Bring u familie, vriendinne of kollegas saam  en kom raak begeester om saam met ons die tema vir 2018, Ek en my huis, ons sal die Here dien (Jos 24:15), ook in ons lewens ’n werklikheid te maak. Daar gaan ook dinamiese sprekers wees om hierdie oggende in te kleur en die moeite werd te maak.