Die Hervormer

Ds Sonia Kok skielik oorlede

Ds Sonia Kok van Gemeente Klerksdorp is skielik oorlede in die vroeë oggendure van Saterdag 10 Maart. Sy was 50 jaar oud.

Ds Kok is gelegitimeer op 28 November 1991, en op 9 Maart 1992 georden. Sy het gedien in Zuurfontein (1992), Wolmaransstad (2001), Van Warmelo (2014), in ’n Laeveld-ringsbenoeming (2015), en sedert Januarie vanjaar in Gemeente Klerksdorp.

Die roudiens het plaasgevind op Vrydag 16 Maart in Gemeente Potchefstroom-Noord.

Op die Kerk se Facebook-blad is onder meer die volgende boodskappe oor ds Kok te lees: Sonia was saam met my op skool. ’n Ongelooflik toegewyde, beginselvaste en gelowige mens. Innige meegevoel aan die familie. En: Ons wil ons diepste meegevoel uitspreek teenoor die familie met hul groot verlies. Ons sal Sonia altyd onthou vir die pragtige mensie wat sy was.

Ons innige meegevoel gaan aan ds Kok se seuns en die familie.