Die Hervormer

Konteks Bybelvasvra 2018

Die bestek vir 2018 se Bybelvasvra bestaan uit ds Neels van Tonder se Bybelstudiegids Gelykenisse in die Bybel.

Slegs die 10 gelykenisse van die Ou Testament word gebruik (ongeveer 100 verse).

 

  1. Die koning van die bome (Rigters 9: 8-15)
  2. Heuning uit die karkas (Rigters 14: 1-20)
  3. Die vermomde profeet (1 Konings 20: 35-40)
  4. Die luiaard en die mier (Spreuke 6: 6-11 en 24: 30-34)
  5. Die donkie ken sy krip (Jesaja1: 1-4)
  6. Die pottebakker en die klei (Jeremia 18: 1-10)
  7. Die waarde van wingerdhout (Esegiël 15: 1-8)
  8. Maak van jou woestyn ’n paradys (Esegiël 47: 1-12)
  9. Die skaapram en die bokram (Daniël 8: 1-25)
  10. Die vrou in die graanmandjie (Sagaria 5: 5-11)

Laerskool: Slegs Bybelteks (hierbo in hakies).

Hoërskool: Bybelteks (hierbo in hakies) en 10 hoofstukke wat handel oor 10 gelykenisse (slegs feite in die blokke aan weerskante van die bladsye).

Jong Hervormers en Ope: Bybelteks (hierbo in hakies) en 10 hoofstukke wat handel oor 10 gelykenisse (slegs feite in die blokke aan weerskante van die bladsye). Gebruik gerus die Bybelstudiegids vir groep- of persoonlike Bybelstudie.

Ringsvasvrae moet liefs voor einde Augustus 2018 plaasvind. Die nasionale vasvra sal op 20 Oktober 2018 plaasvind by Gemeente Noordwestelike Pretoria.

Navrae kan gerig word aan ds Quinten Schimper by 076 687 7410 of quinten.schimper@gmail.com; en ds Stephen

de Beer by 074 658 4630 of gsdebeer@gmail.com.

Gelykenisse in die Bybel – Neels van Tonder

Formaat: Sagteband

Bladsye: 100 bladsye

Prys: R100 (+ posgeld R50)

Bestellings en navrae: 072 633 3367

of nvtonder@vodamail.co.za