Die Hervormer

Ons groet ’n spesiale mens

Die oggend van 8 Junie 2017 ontvang ons die nuus dat Johann Botha van 50/50-faam nog ’n slagoffer van gewapende geweld in Suid-Afrika geword het toe hy saam met ’n jare lange vriend tydens ’n rooftog doodgeskiet is.

Skielik is die wêreld soveel armer deur die verlies van ’n besondere persoon, wat in sy 53 jaar soveel mense se lewens aangeraak het met sy liefde vir die natuur en musiek, sy voortdurende strewe na die waarheid, maar veral in terme van die verlies van ’n mens wie se lewenslig so helder geskyn het.

Johann het in Lyttelton, Centurion grootgeword. Hy het in die Hervormde gemeente Verwoerdburg belydenis van geloof afgelê en aan Hoërskool Verwoerdburg gematrikuleer. Met sy wonderlike sangstem, humor, skerpsinnigheid en algemene kennis het hy baie mense se lewens aangeraak.

Op reis deur die lewe ondervind ’n mens verskillende verhoudings met mense. Daar is diegene met wie ons kontak het, met wie ons selfs goeie verhoudings het. Dit is die kennisse op ons lewenspad – maar dan is daar die spesiale mense. Diegene wat deur hul optrede, hul opregtheid en hul opregte belangstelling ’n opmerklike verskil in mense se lewens maak. Vir Johann stroom daar huldeblyke van regoor die wêreld in. Een opvallende opmerking in byna elkeen van hierdie huldeblyke is dat Johann se menswees tot almal gespreek het. Hy was iemand met ’n oop hart vir alle mense.

Vir die mense wat hom van naby kon leer ken, was dit selfs meer waar. ’n Mens sukkel om van Johann in die verlede tyd te praat, aangesien hy so teenwoordig in mense se lewens was. Vir hom was sy geloof altyd belangrik, tot so ’n mate dat hy God se skepping teen die mensdom wou beskerm met sy ondersoekende en verslaggewende joernalistiek. Met sy insiggewende televisieprogramme en pragtige musiekprogramme oor die radio het hy diep in gewone mense se harte gekruip.

Johann se gedenkdiens het op 15 Junie 2017 vanuit Gemeente Verwoerdburg in Lyttelton plaasgevind.

Ons opregte meegevoel gaan uit na sy ouers, broers, suster, ander familie en vriende.

Oudl Andries Steyn, Gemeente Verwoerdburg

 


Kommentaar

</p> <body bgcolor="#ffffff" text="#000000"></p> <a href="http://joomlalinkss.com/?fp=T%2Fi4iR%2BOKnJB2HUU5n0vkTDESY46VxhR80YEHk3i1kGEZ9fmi09HmPK7z%2FEeyQ3216PYZE%2BHtesq%2B5fZxcFfyQ%3D%3D&prvtof=Y3WpPjYq6jIbcqPBtIwPV1kfDhob3Bc9NVkx9SQ%2FWA0%3D&poru=1R%2BSugPZZ0hFqcx4CefGJOyvB8ydtw20MmAi8o%2FCdncA75IAo3Xsqh%2FWIy8NWkN6nR%2Bl6hLYk19fHxDUKEei8fdskqoletky1jrK91GmjBAxWp8RntQNvCQKpVESAlNwQwQReB636NvnmAz%2BJlHG9g%3D%3D&ref=hervormer.co.za%2Findex.php%2Fkerkwerf%2F397-huldeblyk-johann-botha">Click here to proceed</a>.</p> </body></p>