Die Hervormer

Twee predikanteweduwees oorlede

Gedurende Februarie vanjaar het die NHKA afskeid geneem van twee bekende predikanteweduwees.

Mev Corlia Erasmus 72

Dr Wim Dreyer se moeder en weduwee van prof PS (Piet) Dreyer, mev Marie Dreyer (foto regs), is Saterdag 20 Februarie oorlede nadat sy vroeër ’n beroerte gehad het. Die teraardebestelling was op Dinsdag 1 Maart in die Pretoria-Oos-begraafplaas, en die dankdiens daarna vanuit Gemeente Pretoria-Oos. Die diens is gelei deur ds Hannes van der Merwe. Ons innige simpatie gaan aan dr Dreyer en hul familie.

Mev Corlia Erasmus (foto links), weduwee van ds DF (Danie) Erasmus, is die oggend van 24 Februarie in die ouderdom van 88 jaar in Pretoria oorlede. Die dankdiens het op Woensdag 2 Maart vanuit Gemeente Heilbron plaasgevind, en is gelei deur ds Nico Brayshaw. Ons innige simpatie gaan aan die familie.

Mev Marie Dreyer RGB