Die Hervormer

Diensboek van die NHKA

Die Diensboek van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het in 2008 by SENTIK verskyn.

Tydens die 67ste Algemene Kerkvergadering is ’n studiestuk van prof Elsabé Kloppers, Die erediens: Liturgiese uitgangspunte, met enkele wysigings goedgekeur en aanvaar as die uitgangspunte vir die nuwe Diensboek. Wat die stuk so waardevol vir die Kerk maak, is dat dit die liturgiese moontlikhede wat in die Liedboek van die Kerk opgesluit lê, op ’n verantwoordelike manier vir die Kerk ontsluit.  Die 68ste Algemene Kerkvergadering het verder goedgekeur dat daar nie soos in die verlede met ’n vasgestelde aantal erediensordes (elk met ’n vaste verloop) gewerk sal word nie, maar dat ’n aantal voorbeeldliturgieë in die Diensboek geplaas word. Dié liturgieë sal dan duidelik maak wat die moontlikhede is waarvolgens die erediens in die Hervormde Kerk ingerig kan word.

Read more ...

Vroue net soos ons...

Hoe oorleef jy langtermyn gevangenskap? Dis alleen moontlik as daar hoop is.

Ek kyk na haar hande. Die naels perfek versorg. Sagte hande. Om haar pols is ’n goue horlosie en ’n fyn kettinkie. Haar gesig is pragtig gegrimeer, maar haar oë is ongelooflik hartseer. Hoe gaan dit met jou? vra ek. Beter as laas maand... dit was toe die herdenking. Sy praat baie sag.

Read more ...

Hoe dink en voel die kerk se jongmense?

Ons almal waag van tyd tot tyd ’n opinie oor die jongmense se gevoel jeens die kerk en kerklike aktiwiteite. Almal glo hulle weet wat in jongmense se gedagtes en gemoedere aangaan.

Die afgelope paar jaar is vanuit die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Reformed Church in Africa op ’n streng wetenskaplike manier navorsing gedoen om vas te stel hoe jongmense tussen die ouderdomme 16 en 35 oor die kerk voel en wat hul persepsies van ander se gevoelens oor die kerk is. Dié multikerklike navorsing het slegs aktiewe kerklike jeug in gedagte gehad. Die jongmense moes ’n lys met 481 vrae beantwoord.

Read more ...

Bybelgenootskap van Namibië – die groter prentjie...

Die Bybelgenootskapbeweging het in die vroeë 1800’s in Wallis begin toe ’n jong meisie, Mary Jones, baie kilometers na die naaste dorp waar daar ’n predikant was, gestap het. Sy wou, met geldjies wat sy oor jare gespaar het, vir haar ’n eie Bybel gaan koop. Groot was Mary se teleurstelling toe die predikant nie ’n Bybel gehad het om aan haar te verkoop nie.

Die dominee was egter so geïnspireer dat hy planne begin maak het om Bybels te laat druk en te versprei. Deur sy toedoen het die eerste Bybelgenootskap in 1804 tot stand gekom. Dit was die voorloper van wat vandag bekend staan as die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap. Dié Bybelgenootskap het begin om takke in die meeste Britse kolonies te vestig. So ’n tak is in 1820 in die Kaap begin. Jare later is die Bybelgenootskappe van Namibië, Botswana, Swaziland en Lesotho uit hierdie “Kaapse” Bybelgenootskap gebore, wat toe reeds bekend gestaan het as die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Read more ...

Kerke vat opnuut hande

Op 2 Augustus 2013 het Beeld berig dat die drie Afrikaanse susterskerke nog ’n poging aanwend om hul Tussenkerklike Raad (TKR) te red. Om verskeie redes is die sinvolheid en die voortbestaan van die TKR bevraagteken. Vandag kan ek, veral na die pas afgelope vergadering van die TKR in Kempton Park, met groot vreugde en dankbaarheid berig dat die TKR weer stewig op koers is.

’n Besondere verhouding bestaan tussen die NG Kerk, die Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke. Hierdie verhouding het uit ’n gemeenskaplike reformatoriese herkoms, sosiohistoriese omgewing en taal gegroei. Ondanks verskille, het die drie kerkverbande deur die jare ’n verhouding van geloofseenheid in Christus gehandhaaf en streef hulle steeds daarna om die verhouding te verstewig.

Read more ...