Die Hervormer

Die Reformasie en die gedrukte media

Rondom 1440 word die boekdrukkuns in Duitsland deur Johannes Gutenberg uitgevind en daarna landwyd en verder ontwikkel. Teen 1517 is daar reeds talle drukkerye regoor Europa wat meer as 30 miljoen afskrifte van ’n verskeidenheid publikasies uitgegee het. Die era van die massamedia het aangebreek.

Martin Luther se 95 stellings, wat hy aanvanklik volgens oorlewering op 31 Oktober 1517 teen die deur van die Kasteelkerk op Wittenberg vasgesit het, het gou onder die aandag van die snelgroeiende drukkersbedryf gekom. Die invloed van die gedrukte media op die openbare mening het kerkleiers skielik regop laat sit. Soms is plakkate van verskillende groottes gedruk en in openbare ruimtes opgesit. Dit was egter die druk en verspreiding van pamflette (wat enigiets kon insluit van enkelbladsy-strooibiljette tot omvattende 20-bladsy-artikels en -preke) wat die grootste impak gemaak het.

Read more ...

Martin Luther se 95 stellings (11-20)

Vanweë ’n liefde vir die waarheid en ’n diepe begeerte om dit behoorlik toe te lig, verklaar eerwaarde vader Martin Luther, Magister in die Vrye Kunste en die Heilige Teologie en daarin ’n gewone hoogleraar te Wittenberg, hiermee dat die onderstaande stellings onder sy voorsitterskap gedebatteer gaan word alhier. Derhalwe versoek hy diegene wat nie teenwoordig kan wees om mondelings debat te voer nie, om dit skriftelik te doen. In die Naam van ons Here Jesus Christus. Amen.

Read more ...

Die Reformasie en die orde van die erediens (Deel 1)

Gesprekke oor die orde van die erediens hou met twee goed rekening. Aan die een kant moet ons weet hoe die leer in verband staan met wat in die erediens gebeur. Aan die ander kant moet ons ook oplet na die boodskap wat die liturgie self oordra.

Hoe die elemente van die erediens met mekaar verband hou, en hoe en waar ou tekste en nuwe formulerings in die erediens gebruik word, het alles vir lidmate betekenis. Liturgie gaan dus oor hoe die erediens lyk, maar ook oor wat elke bousteen van die erediens afsonderlik en die erediens as geheel beteken.  

Read more ...

Martin Luther oor die lyding van Jesus Christus

Luther het gedurende die Lydenstyd van 1519 ’n “preek” oor die lyding van Christus gepubliseer. Hierdie “preek” is eintlik ’n kort artikel van agt bladsye, en dit dra die titel ’n Preek oor die verstaan van die heilige lyding van Christus. In die artikel behandel Luther ’n tipiese vroomheidstema van sy tyd, naamlik die verinnerliking van die lyding van Christus.

Luther lewer kritiek op die Middeleeuse benadering wat op die veruiterliking van die godsdienstige lewe gefokus het. Die blote nakoming van vroomheidrituele soos vas en gebed maak ’n mens nog glad nie welgevallig vir God nie. Die regte innerlike toe-eiening van Christus se lyding is belangrik. Christus se lyding kan alleenlik reg toegeëien word wanneer ons ons eie sonde en verlorenheid erken. Slegs vanuit die perspektief van ons verlorenheid, kan ons die diepte van God se liefde in Christus se lyding ontdek.

Read more ...

Drama in Swartkop

Soos soveel ander gemeentes, is Swartkop gedurig op soek na maniere om die evangelie te verkondig sodat dit opnuut by mense tuiskom. Naas die poppekasgeleenthede vir die kleuters en die besprekingsdienste vir die jongmense, het ds Elmien Knoetze ’n dramabediening in die gemeente geloods.

Tot dusver was dit ’n groot sukses. Die eerste drama wat die dramagroep opgevoer het, was ’n stuk oor Pilatus wat deur dr Piet van Staden geskryf is. Die dramastuk is geïntegreer met gemeente- en koorsang en het ’n besonderse Paasfeesviering uitgemaak. Met hierdie eerste poging is daarin geslaag om veral jongmense by die verkondiging van die evangelie te betrek. ’n Bekwame dramaonderwyser in die gemeente, Pieter Alberts, het die groep afgerig en ’n ander gemeentelid, Mariliz Marx, het die kostuums gratis beskikbaar gestel. ’n Paar talentvolle leerders wat drama op skool neem, kon ingespan word, saam met lidmate met geen dramaondervinding.

Read more ...