Die Hervormer

Reformatoriese ampsbeskouing

Alhoewel Luther se 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg op 31 Oktober 1517 tradisioneel gesien word as die begin van die Reformasie, het daar in die tyd na 1517 enorme ontwikkeling in kerklike denke plaasgevind. Hier kan verskeie velde genoem word, maar vir hierdie artikel word gefokus op die ontwikkeling in die ampsbegrip en praktiese inkleding van die amp in die reformatoriese kerk teenoor dié van die Roomse Kerk in die 16de eeu.

Verskeie Reformatore se denke het gehelp om vorm te gee aan ’n nuwe ampsbegrip, byvoorbeeld Johannes Calvyn, Martin Luther, Huldrich Zwingli en Martin Bucer. Hier word gefokus op die bydrae van Johannes Calvyn (1509-1564). Alhoewel Calvyn deur sommige bestempel word as ’n tweedegenerasiehervormer, het sy denke oor kerklike orde, en daarom ook die amp, ’n sentrale plek in die kerk ingeneem en ’n beduidende rol gespeel in die vorming van ’n nuwe ampsbegrip na dié van die Roomse Kerk.

Read more ...

Spotprente en ander illustrasies (1)

Die mediaveldtog gedurende die Reformasie het nie net deur teks geskied nie. Met grafiese tegnieke soos houtblok- en metaalgravure is sketse wat ’n boodskap oordra, in gedrukte tekste geïnkorporeer – in Martin Luther se woorde: Sonder sigbare beelde kan niemand enigsins dink of enigiets verstaan nie.

Grafika van albei kante van die dispuut het soms gegrens aan die banale, maar dit het ’n belangrike rol in die debat gespeel. In hierdie reeks word gekyk na enkele voorbeelde.

Read more ...

Martin Luther oor Jesus Christus se hemelvaart

Uit Martin Luther se prediking oor die hemelvaart van Christus blyk sy diep ontsag vir die belydenisartikel Ek glo in Jesus Christus wat opgevaar het na die hemel. Luther beklemtoon egter dat die belydenis slegs dooie woorde bly totdat dit in die hart gaan lê.

In ’n preek vir Hemelvaartdag in 1523 skryf Luther: My Here Jesus Christus is Heer oor die dood, Satan, sonde, geregtigheid, liggaam, lewe, vyande en vriende. Waarvoor sou ek bang wees? Want selfs al staan my vyande voor my deur en planne maak om my te vernietig, bly die redes waarom ek glo steeds staan: Christus het opgevaar na die hemel en so heerser geword oor alles wat lewe. My vyande is derhalwe ook ondergeskik aan Hom en dit is dus nie binne hulle vermoë om my enige leed aan te doen nie. Ek daag hulle uit om ’n vinger teen my te lig of om ’n enkele haar op my hoof te skaad téén die wil van my Here Jesus Christus. My geloof staan vas en seker op hierdie belydenis en dit maak my dapper en vreesloos, tot so ’n mate dat dit my in staat stel om te sê: As dit die wil is van my Here dat my vyande my doodmaak, dan beskou ek myself steeds as geseënd – ek vertrek graag na Hom toe. Elke mens moet besef dat Hy opgevaar het na die hemel, nie om onbetrokke te wees nie, maar om te regeer, vir ons beswil, om daardeur vir ons tot troos en vreugde te dien.

Read more ...

Martin Luther se 95 stellings (21-30)

Vanweë ’n liefde vir die waarheid en ’n diepe begeerte om dit behoorlik toe te lig, verklaar eerwaarde vader Martin Luther, Magister in die Vrye Kunste en die Heilige Teologie en daarin ’n gewone hoogleraar te Wittenberg, hiermee dat die onderstaande stellings onder sy voorsitterskap gedebatteer gaan word alhier. Derhalwe versoek hy diegene wat nie teenwoordig kan wees om mondelings debat te voer nie, om dit skriftelik te doen. In die Naam van ons Here Jesus Christus. Amen.

Read more ...

Die Reformasie en die orde van die erediens (Deel 2)

In Deel 1 van hierdie bydrae (Maart 2017) is beklemtoon dat ons in gesprekke oor die orde van die erediens onder meer moet aandag gee aan die boodskap wat die liturgie oordra. Liturgie gaan oor hoe die erediens lyk, maar ook oor wat elke bousteen van die erediens afsonderlik en die erediens as geheel beteken.

’n Ryk verskeidenheid van liturgiese materiaal ontstaan wat lossies op Martin Luther teruggaan. Maar in ander hervormings kry dit anders beslag.

Read more ...