Die Hervormer

Martin Luther en die Apokriewe Boeke van die Bybel

Die kanon is altyd op die spel in die geskiedenis. Die Jode moes in 96 nC by Jamnia opnuut sê watter boeke hulle as gesaghebbend aanvaar. Dit is die proses waarna die geleerdes as kanonvorming verwys. In kort kom dit daarop neer om ’n beslissing te vel oor watter boeke die ware Woord van God is en watter boeke nie.

Die boeke wat wel gekies word in so ’n proses van kanonvorming sal dan in effek gebruik mag word vir studie asook proklamasie van die geloof. Sulke uitverkore boeke word dan die Woord van God. Natuurlik is daar altyd ’n groot gestry oor watter boeke dan as gesaghebbend beskou moet word en watter nie. Die boek Ester in die Ou Testament is ’n goeie voorbeeld hiervan. Hierdie boek is byna nie tot die kanon van die Ou Testament toegelaat nie, omdat die Naam van God nêrens daarin voorkom nie. Dit het die Jode laat twyfel of dit wel die groen lig vir toelating tot die heilige geskifte moes kry. Die boek Ester is toe wel ingesluit omdat dit oorspronklik in Hebreeus/Aramees geskryf is.

Read more ...

Die Reformasie en martelaarskap

Deur die eeue is die marteling en dood van gelowiges ter wille van hul geloofsoortuiging op verskillende maniere verduidelik, verklaar of geregverdig. Die kerkvader Tertullianus se uitspraak dat die bloed van die martelare die saad van die evangelie is, is ’n nou bekende verklaring van marturein (om getuienis met jou bloed af te lê) en het ook in die waardering en verklarings van Reformatore soos Martin Luther neerslag gevind.

Opvallend van die Reformatore se beoordeling en waardering van medegelowiges se martelaarskap is die gebrekkige of selfs afwesigheid van besonderhede van die marteling en die dood. Nóg Martin Luther nóg Johannes Calvyn het hulle toegespits op die grusaamheid van hierdie ritueel. En ’n ritueel was dit beslis; dit is so ingerig om aan die ketter of verlorene geleentheid te bied om ter wille van sy saligheid die dwaling te herroep.

Read more ...

Spotprente en ander illustrasies (4)

Spotprente en ander sketse wat ’n boodskap oordra, is dikwels gebruik in die mediaveldtog gedurende die Reformasie – in Martin Luther se woorde: Sonder sigbare beelde kan niemand enigsins dink of enigiets verstaan nie.

Read more ...

Martin Luther se 95 stellings (51-60)

Vanweë ’n liefde vir die waarheid en ’n diepe begeerte om dit behoorlik toe te lig, verklaar eerwaarde vader Martin Luther, Magister in die Vrye Kunste en die Heilige Teologie en daarin ’n gewone hoogleraar te Wittenberg, hiermee dat die onderstaande stellings onder sy voorsitterskap gedebatteer gaan word alhier. Derhalwe versoek hy diegene wat nie teenwoordig kan wees om mondelings debat te voer nie, om dit skriftelik te doen. In die Naam van ons Here Jesus Christus. Amen.

Read more ...

Reformasie en kerkregering

Die interessante Nederlander dr Oepke Noordmans (1871-1956) het ’n besondere kerkregtelike bydrae gelewer in die Nederlandse Hervormde Kerk se stryd om ’n nuwe kerkorde wat eintlik reeds in 1816 begin en eers op 1 Mei 1951 realiseer wanneer dié Kerk uiteindelik ’n nuwe kerkorde in gebruik neem.

Dié kerkorde het ook neerslag gevind en invloed uitgeoefen in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika aangesien die ontwerp wat die 1951 Kerkorde van die Nederlandse Hervormde Kerk voorafgaan, gebruik is in die nuwe Kerkwet van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika van 1951. Daar was twee redes waarom die Nederlandse hervormers nie met die Kerkorde van Dordt 1618-1619 volstaan het nie, naamlik die na binne gerigtheid en die invloed wat die owerheid in kerklike sake uitgeoefen het.

Read more ...