Die Hervormer

Kerkleiers uit Afrika byeen in Rwanda

Dr Wouter van Wyk het aan die einde van Junie vanjaar ’n vergadering van die lidkerke van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) in Afrika in Rwanda namens die Hervormde Kerk bygewoon. Hy vertel meer daaroor.

Die Hervormde Kerk het in 2017 vir die eerste keer in 35 jaar as volwaardige lid deelgeneem aan die Algemene Vergadering van die WGGK wat in Leipzig, Duitsland, plaasgevind het. By dié geleentheid het die WGGK beginselbesluite geneem wat in die verskillende substreke en lidkerke van die WGGK gestalte moet aanneem.

Read more ...

Bybelvertaling en die oorlewering van tekste

Die Bybelgenootskap aanvaar die Bybel as Woord van God. Daarom is dit belangrik om na te gaan hoe die Bybel deur die eeue tot ons gekom het. Die boeke van die Ou Testament is hoofsaaklik in Hebreeus geskryf, met korter dele in Aramees, terwyl die Nuwe Testament in Grieks geskryf is. Die Bybelboeke het oor ’n tydperk van minstens 1 200 jaar ontstaan en nie al die skrywers is aan ons bekend nie.

Voor die uitvinding van die boekdrukkuns in die 15de eeu is alle boeke van die Bybel met die hand oorgeskryf. Die inhoud van die Bybel is dus vir eeue op sulke handgeskrewe dokumente oorgelewer. So ’n handgeskrewe afskrif van die teks word ’n manuskrip genoem. Daar bestaan vandag nie meer enige van die manuskripte waarop ’n boek van die Ou of die Nuwe Testament deur die oorspronklike skrywers geskryf is nie. Aangesien hierdie manuskripte op perkament (behandelde velle van diere) of papirus geskryf is, het dit oor die jare verweer. Daar was ook die behoefte dat die manuskripte versprei word, sodat baie ander gelowiges dit kon lees. Die manuskripte is daarom van tyd tot tyd oorgeskryf. Die oudste beskikbare vorm waarin die boeke van die Bybel vandag beskikbaar is, is dus afskrifte van afskrifte wat deur die loop van eeue gemaak is.

Read more ...

Die invloed van die Reformasie op Wes-Europese skilderkuns

As ’n direkte gevolg van die 16de-eeuse godsdiensdispuut is alle kuns wat vereenselwig kon word met die mag van die kerk skerp gekritiseer vanuit Reformatoriese kringe.

Die Reformasie se invloed het gelei tot ’n drastiese vermindering in religieuse kuns in Protestantse lande. Groot publieke kunswerke wat kerklidmate kollektief op godsdienstige vlak aangespreek het, is stelselmatig vervang met kleiner en meer persoonlike werke, soos daar ’n verskuiwing van openbare geloofsvertoon na ’n meer intieme verhouding tussen die gelowige en God plaasgevind het. Noodwendig is streng teologiese en religieuse temas mettertyd vervang deur sekulêre temas, veral in Wes-Europa. Uitbeeldings van die gewone alledaagse lewe soos familie-, maaltyd-, taverne-, fees- en marktonele, sowel as portretkuns, stillewes en landskappe, het toegeneem en die kunstoneel later selfs heeltemal oorheers. Dit was in die Lae Lande dat hierdie tendens veral opmerklik was. Ons kyk in hierdie laaste bydrae tot Reformasie 500 kortliks na enkele kunstenaars uit hierdie tyd en voorbeelde van hul sekulêre werke.

Read more ...

Spotprente en ander illustrasies (7)

Die houtblokgravuur Christus en die skaapstal deur ’n onbekende kunstenaar (ca 1545) is ’n uitbeelding van Johannes 10: 1: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower (1933/53-vertaling).

Christus staan by die deur van die stal (wat aan ’n kerkgebou herinner) en laat diegene ingaan wat by Hom aanmeld. ’n Aantal Katolieke geestelikes, insluitend die pous, monnike en nonne, probeer van ’n ander kant af inklim. Daar is ​​selfs ’n biskop en ’n kardinaal wat gewone mense op soek na heil en verlossing mislei deur na die dak te wys in plaas van die deur. Die skaapstal is ’n tema wat gereeld gebruik is deur albei kante van die dispuut in 16de-eeuse publikasies. In Katolieke teenpropaganda is dit die Reformasieleiers wat deur ander openinge as die deur toegang tot die stal probeer verkry.

Read more ...

Enkele opmerkings oor Martin Luther se eskatologie

Martin Luther se eskatologie (die leer van die eindtyd) staan in ’n noue verband met sy regverdigingsleer. Hy lê besondere klem op die eskatologiese karakter van die kruis en opstanding wat vir hom so betekenisvol is dat hy oortuig is dat niks hierdie oorwinning oor graf en dood ooit sal oortref nie. Die einde het derhalwe eintlik reeds aangebreek, en alles wat in die toekoms gebeur, is niks meer nie as die openbaarmaking van die diepe sin en betekenis wat hierin lê.

Luther se teologie word in sy laaste jare toenemend gekenmerk deur die siening dat die laaste dae naby was. In ’n ope brief Aan die Christelike Adel van die Duitse Volk in 1522 skryf Luther dat hy vas glo dat die oordeelsdag op hande is, alhoewel baie min mense daaraan dink. In die jare daarna sou hy hierdie standpunt dikwels herhaal, hoewel hy sy siening oor die spesifieke wyse waarop die wederkoms sou plaasvind van tyd tot tyd aangepas het.

Read more ...