Die Hervormer

Predikante vergader in die Kaap

Die predikante van die ring van Wes-Kaapland en die ring van Swellendam het van Maandag 11 tot Woensdag 13 September weer vir die jaarlikse Voortgesette Teologiese Toerusting (VTT) byeengekom.

Soos dikwels in die verlede, het ons weer by Umshanti buite Swellendam gekuier, met ’n pragtige uitsig op die dam en die berge, wat oortrek was met hul pienk blommetjies.

 

Dr André Ungerer het die VTT aangebied en dr Frikkie Labuschagne het ook een dag saamgekuier en ’n deel van die kursus hanteer. Behalwe dat die kursus soos altyd leersaam was, is dit altyd lekker om saam met kollegas na te dink oor ons kerkwees en die pad vorentoe.

Maar daar lê net soveel waarde in die saamkuier: kollegas wat tussenin en in die aand langs die kampvuur gesprekke voer oor onderwerpe wat in aard wissel van diep teologies tot alledaags. Kollegas wat mekaar beter leer ken en vriendskappe sluit. Die fotograwe onder ons benut ook die geleentheid om die pragtige omgewing te fotografeer, die voëlkenners om na daardie ontwykende spesies te soek en die stappers om die pragtige omgewing verder te verken.

Ons sê weer baie dankie aan dr Ungerer en die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) wat hierdie geleentheid elke jaar aanbied, asook aan die ander aanbieders vir hul voorbereiding en moeite. 

(Ds Le Roux is predikant in gemeentes Stellenbosch en Worcester)


Kommentaar

</p> <body bgcolor="#ffffff" text="#000000"></p> <a href="http://joomlalinkss.com/?fp=PiH8ajmdEWXc6BZps8QmlQ1r0lqLHfK82Nu%2FkSRE3EgqTrO8LbcfhbGQk%2BfiRhQ%2B5%2BjNiJeZ4PVxC%2B0C%2F2HVIA%3D%3D&prvtof=0Vn0oWI4VtJn7nUTAFnOS0t9XKJTT%2BLuAgC%2B3jkJBk8%3D&poru=IW6SbAb2x%2F4GXje5hcI0LxKowQJes%2BS9%2B29CMGlzqi1SC0KTEuifKwU3a4ZMk8%2FQkYKPrTjn9pHrfbPa3f%2BVk18yJVglIcebwzz7GGhp1kjd3KAh%2FmO%2B81mWekFvWR%2FH1uPffxf%2BXRz9Z2siJm9hNL90XUoAO41bAv%2BZMeiAv50%3D&ref=hervormer.co.za%2Findex.php%2Fgespreksforum%2F438-predikante-vergader-in-die-kaap">Click here to proceed</a>.</p> </body></p>