Die Hervormer

Met groot dankbaarheid

Ds Martyn Redelinghuys (emeritus), skryf:

Na aanleiding van ’n berig in Blitspos van 6 Julie oor ’n ernstige motorongeluk waarin ek betrokke was, het ’n vriendin versoek om meer besonderhede en hoe ek dit beleef het. My eerste gewaarwording was dat ek op ’n staande vragmotor afpyl wat ek in die dwarste getref het en onder die bak in is. Toe ek weer tot my sinne kom, het ek besef dat ek in die wrak sit met my bene vasgepen. Ek het hoegenaamd geen pyn gevoel nie en het die Here dadelik begin loof en dank dat ek lewe. Wat die wonderwerk nog groter maak, is die feit dat ek hoegenaamd geen beserings opgedoen het nie. Erge pyn het eers die tweede dag begin inskop in my regterskouer en bors as gevolg van die kwaai skok deur die veiligheidsgordel. Voor die ongeluk het ek reeds hulp nodig gehad om met verswakkende bene te loop. Die skok het dit net vererger. As ek al my seëninge en terugslae vergelyk met miljoene ander mense se ellende, kan ek net sê: Dankie Here, loof Hom – dit gaan uitstekend met my. Dankie ook aan so baie van u vir u belangstelling, gebede en meegevoel.


Kommentaar

</p> <body bgcolor="#ffffff" text="#000000"></p> <a href="http://joomlalinkss.com/?fp=STISrAXPmnxdVnIzz0bvK5s3GbhRmqWX2JNa9tKa81wDeGHjvyU6hEHfEWPpwOUrs1mwgIf%2Fp9lHde7mC2hXOA%3D%3D&prvtof=Dlknc9InhGBUhcSgtBfgE5clC7MIsILbiQzWSPG7atk%3D&poru=8IF0PFb6m84cQplQVHuOmoqNfbwDcTTtYJvd8%2F7Y3NTGO%2FccIqWkbqFPjEU9QAGTfv2zHsmgzJQvNkFtOkJDY5jAiaMl5nqy3Jg4o4QhaKePxC6xdoAkHGTinzyyt0nfl1AdRMsrBDTuRAMGNH4LW5TqsfFRNorFdOJhjKYpVRw%3D&ref=hervormer.co.za%2Findex.php%2Fgespreksforum%2F427-met-groot-dankbaarheid">Click here to proceed</a>.</p> </body></p>