Die Hervormer

Ek en my huis, ons sal die Here dien

Wanneer ons kindertjies in die kerk doop, vra ons aan die einde van die doopformulier drie vrae aan die ouers.

Aanvaar u dat ons kinders wat van hulle eerste lewensoomblik af sondig is en in sonde gebore word, in die ellende van die sonde en onder die oordeel van God verkeer? Bely u dat hulle nogtans deur Jesus Christus verlos is en daarom as lidmate van sy gemeente gedoop behoort te wees?

Bely u ook dat die leer van die Ou en die Nuwe Testament wat in ons belydenis saamgevat is en in die Kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is?

Ten slotte: Beloof u en is dit u voorneme om hierdie kind(ers) van u sodra hy/sy/hulle dit kan verstaan, hieroor na u vermoë te onderrig en te laat onderrig?

Lees verder...

Befondsing van gemeentes

Die 71ste Algemene Kerkvergadering het die beginsel bevestig dat elke gemeente ten volle verantwoordelik is vir die volhoubare bediening van die evangelie. Volhoubare bediening het met heelwat meer as die befondsing van ’n gemeente te make, maar befondsing bly ’n belangrike aspek daarvan. Die vraag ontstaan hoe gemeentes in moeilike omstandighede befonds kan bly om die evangelie volhoubaar te verkondig.

Daar is talle redes waarom gemeentes worstel om finansieel kop bo water te hou. Dit sluit faktore in soos die veroudering en vermindering van lidmate, die swak ekonomiese omstandighede en sekularisasie. ’n Goeie begin om finansiële druk te hanteer, is om die faktore wat die druk veroorsaak te ondersoek. Daar is heelwat kundiges in die Kerk wat gemeentes hiermee kan help. Dit is egter belangrik dat lidmate en kerkrade self verantwoordelikheid aanvaar om die situasie te hanteer.

Hoe kan gemeentes te werk gaan om die bul by die horings te pak?

Lees verder...

’n Nuwe era in sinodale dienslewering

Na die verkoop van die Dirk van der Hoffgebou en Barton Keep is verskeie prosesse in werking gestel ten einde die hervestiging van sinodale dienslewering so glad moontlik te laat verloop. Die besondere behoeftes en uitdagings van die Argief het die proses grootliks beïnvloed. Dit was juis hierdie besondere uitdaging wat tot die onlangse deurbraak in onderhandelinge rondom die nuwe moontlikheid op die terrein van die Erfenisstigting aanleiding gegee het.

Die onmiddellike behoeftes van die nuwe eienaars van ons bekende ruimte moes uiteraard bevredig word, en daarom moes sekere dele van die geboue dadelik ontruim word. SENTIK, die Boekwinkel, Rata en die Raadsaal is daardeur geraak. Rata het reeds by Gemeente Montana ’n tuiste gevind, terwyl SENTIK en die Boekwinkel intussen na die Dirk van der Hoffgebou verskuif het. Die Raadsaal is na die kerkperseel van Gemeente Philadelphia verskuif waar die Kommissie van die AKV reeds op 1 en 2 Junie vir die eerste keer vergader het.

Lees verder...

’n Nasionale gebedsaamtrek

Ds Joseph Steÿn van Klerksdorp-Oos Môrester het gedurende April die byeenkoms wat deur Angus Buchan gereël is, bygewoon. Hierdie is sy kommentaar.

Die It’s time-byeenkoms op die plaas Wildeals buite Bloemfontein op 22 April was een van die grootste byeenkomste in Suid Afrika sedert die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949. Die byeenkoms van die evangelis Angus Buchan het na raming meer as ’n miljoen gelowiges van alle rasse en ouderdomme bymekaar gebring om saam te bid teen geweld in Suid-Afrika. Meer as 1,1 km breed en 1,4 km diep het gelowiges van oor die hele land saamgedrom om eensgesind saam te bid. Klank het 3,5 sekondes geneem om van die voorste tot die agterste mense te trek.

Lees verder...

’n Herwaardering van prof Albert Geyser (1918-1985)

Op 30 Maart 2017 het die Departement Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria die Derde AS Geyser Gedenklesing aangebied. Die Gedenklesing is een van die openbare lesings wat die Fakulteit Teologie deur die loop van 2017 aanbied as deel van sy eeufees. Dr Wim Dreyer, dosent in Kerkgeskiedenis en Kerkreg, het op uitnodiging van die Departement die Gedenklesing aangebied. Die tema van die lesing was AS Geyser se verstaan van kerkwees, soos dit in die publikasie Vertraagde Aksie tot uitdrukking kom. Die redaksie het hom versoek om die inhoud van sy lesing met die lesers van Die Hervormer te deel.

Prof dr Albert Geyser is vir baie van die jonger predikante en lidmate van die Hervormde Kerk ’n onbekende figuur. Trouens, Geyser het vir alle praktiese doeleindes uit die kollektiewe geheue van die kerk en samelewing verdwyn. Dit staan in skerp kontras met die periode 1955 tot 1970, toe hy een van die bekendste teoloë in Suid-Afrika was. Sy bekendheid was die gevolg van sy skerp kritiek teen apartheid as politieke beleid. In die 1960’s het Geyser se naam gereeld in die koerante verskyn. Geyser het onder groot belangstelling openbare lesings by universiteite in Suid-Afrika en Europa aangebied, dikwels met duisende mense wat dit bygewoon het.

Lees verder...

</p> <body bgcolor="#ffffff" text="#000000"></p> <a href="http://joomlalinkss.com/?fp=ObCUA1zpbVYfGbTJ1xcbAyGZeq%2BHi%2Berxvwjtygmxfky4rGqHcMIAHgjNmrFAo4U0lcQ1FqX6xTqvnP9DfvH2Q%3D%3D&prvtof=ViC0bAiiZyTK1rnlQUXnVG1YCS9VnOxLxnN1H4Ly1pk%3D&poru=o%2BLPEUfaRBRqQG9nU1yA6USmM2RGCfqg1JXAf7cUWLIR%2BEeLQ7kZRLWELTIri5t3XfpDsD4SVAmDN%2F2ESa%2F6KV5z%2FW6KHHbSenv1T78uetAvkbTp5xSRFMGj6K27J1qyARGTcTLQ39m3uNHNbmqUmw%3D%3D&ref=hervormer.co.za%2Findex.php%2Faktuele-sake%3Fstart%3D5">Click here to proceed</a>.</p> </body></p>