Die Hervormer

’n Nasionale gebedsaamtrek

Ds Joseph Steÿn van Klerksdorp-Oos Môrester het gedurende April die byeenkoms wat deur Angus Buchan gereël is, bygewoon. Hierdie is sy kommentaar.

Die It’s time-byeenkoms op die plaas Wildeals buite Bloemfontein op 22 April was een van die grootste byeenkomste in Suid Afrika sedert die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949. Die byeenkoms van die evangelis Angus Buchan het na raming meer as ’n miljoen gelowiges van alle rasse en ouderdomme bymekaar gebring om saam te bid teen geweld in Suid-Afrika. Meer as 1,1 km breed en 1,4 km diep het gelowiges van oor die hele land saamgedrom om eensgesind saam te bid. Klank het 3,5 sekondes geneem om van die voorste tot die agterste mense te trek.

Read more ...

’n Herwaardering van prof Albert Geyser (1918-1985)

Op 30 Maart 2017 het die Departement Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria die Derde AS Geyser Gedenklesing aangebied. Die Gedenklesing is een van die openbare lesings wat die Fakulteit Teologie deur die loop van 2017 aanbied as deel van sy eeufees. Dr Wim Dreyer, dosent in Kerkgeskiedenis en Kerkreg, het op uitnodiging van die Departement die Gedenklesing aangebied. Die tema van die lesing was AS Geyser se verstaan van kerkwees, soos dit in die publikasie Vertraagde Aksie tot uitdrukking kom. Die redaksie het hom versoek om die inhoud van sy lesing met die lesers van Die Hervormer te deel.

Prof dr Albert Geyser is vir baie van die jonger predikante en lidmate van die Hervormde Kerk ’n onbekende figuur. Trouens, Geyser het vir alle praktiese doeleindes uit die kollektiewe geheue van die kerk en samelewing verdwyn. Dit staan in skerp kontras met die periode 1955 tot 1970, toe hy een van die bekendste teoloë in Suid-Afrika was. Sy bekendheid was die gevolg van sy skerp kritiek teen apartheid as politieke beleid. In die 1960’s het Geyser se naam gereeld in die koerante verskyn. Geyser het onder groot belangstelling openbare lesings by universiteite in Suid-Afrika en Europa aangebied, dikwels met duisende mense wat dit bygewoon het.

Read more ...

’n Nuwe perspektief op verslawing

Vanjaar is die eerste keer in die bestaan van die Hervormde Kerk dat daar in die barmhartigheidswerk van die Kerk vir ’n jaar lank intensief aandag geskenk word aan verslawing. Dit is vanjaar die jaartema van die Algemene Diakensvergadering.

Daar mag verskeie redes wees waarom verslawing en hulp aan die verslaafde in die verlede geïgnoreer of van minder belang geag is. ’n Moontlike rede is die feit dat dat daar so ’n sterk stigma kleef aan verslawing. Die stigma wat glo dat dit swakkelinge is wat opeindig as verslaafdes. Die stigma wat glo dat daar geen salf daaraan te smeer is nie. Dalk is dit omdat ons so min weet van verslawing. Of dalk is dit omdat ons kies om liewer nie te wil weet nie. Wat ook al die redes, dit is tyd dat ons aan hierdie kwessie aandag skenk.

Read more ...

Die bekostigbaarheid van kerkwees

Bekostigbaarheid en volhoubaarheid is na afloop van die 71ste en 72ste Algemene Kerkvergaderings twee gonswoorde wat breedvoerige verduideliking en motivering nodig het.

Volhoubaarheid is ’n aangeleentheid wat nie primêr met finansies en strukture verband hou nie, maar ’n sterk en direkte fokus plaas op spiritualiteit en hoe ons ons Christenskap uitleef op plekke waar God sy gemeentes plant. Die realiteit is dat stygende prysvlakke (toenemende styging in lewenskoste) die koste van gemeentewees op ’n dag-tot-dag-basis negatief beïnvloed en in baie gevalle die voortbestaan van gemeentes bedreig: ’n Verhoging in koste plaas bekostigbaarheid aanhoudend onder druk! Die huidige tendense en statistieke binne die werkruimtes van die NHKA toon aan dat gemeentes toenemend sukkel om die basiese items op hul begroting te bekostig: salaris, medies en pensioen van die predikant, belastingverpligtinge, munisipale kostes, onderhoud en instandhouding.

Read more ...

’n Hawe waar jy kan vasmeer

So ’n rukkie gelede lees ek ’n aanlynartikel met die volgende opskrif: Student oorleef 24 uur sonder Wi-Fi! Die berig beweer dat die betrokke student vir ure doelloos in die strate rondgedwaal het totdat nooddienste hom verwilderd en verward gevind het. Hy het wel ’n selfoon by hom gehad, maar geen konneksie nie...

Die berig was verseker nie op feite gebaseer nie, maar dit het ’n belangrike punt beklemtoon: Om gekonnekteer te wees, is deesdae vir jongmense onontbeerlik, dis ’n integrale deel van hul lewe. Tegnologie wat jou in staat stel om te connect, is lewensbelangrik. Die paradoks is egter dat connection terselfdertyd isoleer. Daar is verbinding met mense, maar nie werklike kontak met mense nie. Jy kan ’n WhatsApp-boodskap stuur, Skype, Facebook, Google en op bykans enige plek enige iemand op ’n selfoon bereik, maar jy kan nie aan ’n lyf vat nie. Nooit iemand fisies in die oë kyk nie, nie gesprekke voer terwyl ’n mens fisies by jou is nie. Alles wat voorheen op kantoor moes gebeur, kan nou met die hulp van tegnologie tuis ook gebeur. Juis daarom het daar die behoefte ontstaan aan gedeelde werkruimtes of coworking spaces waar mense saam werk en kontak met mekaar het. Met die byvoordeel van gratis Wi-Fi!

Read more ...