Die Hervormer

Ons vind rus in stilte

Die God wat sigbaar word in stilte en deur die Woord vra van mense om te luister, maar om te kan luister, kort ons stilte. (Ignatius van Antioch)

Dit is nie regtig vir enigiemand geleë om op ’n Maandagmiddag by die huis te ry en jou gesin en dagboek agter te laat en te weet jy gaan eers Donderdag kan terugkom om aandag te gee aan daardie preek wat lê en wag om geskryf te word nie...

Dit is nie geleë nie, maar soms is dit noodsaaklik. Sodat daar geluister en gehoor kan word. Dit was my ervaring met die Predikantewegbreek in Oktober.

Die horlosie het nog nie lank getik nie toe het die Origins Retreatsentrum net buite Krugersdorp my laat besef dat om daarheen te gaan ’n goeie keuse was. Want wanneer ’n poeletjie water stil staan, gebeur daar twee goed. Eers word die bodem sigbaar, en dan sien jy die hemel se refleksie.

Dit was waarop die week by Origins geskoei was – ruimtes waar ons kon dink en bid en praat en lees oor wat op die bodem van ons lewens en in ons harte aangaan. En hoe ons die hemel daarin kan sien. Want God kom ontmoet ons net waar ons is.

Soms moet ons net eers vir ’n rukkie stilstaan om dit te ontdek. Ons moet onsself die blaaskans gun, die geleentheid gee. En dit was wat ons gedoen het. Ons het stadiger geloop, langer langs die rivier gesit, meer in die woud gaan staan, dieper gebid en meer met mekaar gesels.

Ons het Psalm 131 gelees tot dit diep onder ons velle ingekruip het. En so kon ons iets van die Here ontdek en ervaar. 

Dit was ’n wonderlike ryk geleentheid en ek is so bly dat predikante op so ’n manier ’n week saam kom deurbring.

(Ds Oberholzer is predikant in Gemeente Pretoria-Oos)


Kommentaar

</p> <body bgcolor="#ffffff" text="#000000"></p> <a href="http://joomlalinkss.com/?fp=ACu6t1CQCtMW8BsDuLflwVorivAScIeU86WvvSwtNVlW1A%2BC5vcb4BP9GBphp9%2BOlCEzWFspm8GhXPUOz66vRw%3D%3D&prvtof=4776sZKhWLDUkjk6MDvvDwKriKF9pfzxcrcYIZmkuRg%3D&poru=%2Fdc5PgiBDQGb8vGufDjWMs8nvR2lSVkYVwlkLp6Bt9qBLiY2nz1ga2bs5whrNPsHMp65oSMOecOzxqL56c1pKKeI6K1rF9lP%2F4QiWYOBv0aQorKdnsCF%2Fm6vIqheNg8WfyKLc45MRbHM5lQpwM2McDKBWd9o%2ByTw61%2F1OQnWfbk%3D&ref=hervormer.co.za%2Findex.php%2Faktuele-sake%2F455-ons-vind-rus-in-stilte">Click here to proceed</a>.</p> </body></p>