Die Hervormer

NHSV se beurse en lenings vir 2016

Die NHSV beskik oor beurse/lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk kwalifiseer vir die toekennings.

Die lenings/beurse wissel van R3 000 tot R8 000. Aansoekvorms kan afgelaai word by die NHSV se webadres, www.nhsv.org.za, onder NHSV kantoor, pro-forma dokumente. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 16 November 2015.

Vir enige verdere navrae kontak gerus die NHSV kantoor by 012 325 0117 of stuur ’n e-pos na nhsvadmin@nhk.co.za.