Die Hervormer

Die ware kerk?

Na aanleiding van die onlangse kontroversie oor ’n profeet wat hier in Suid-Afrika kwansuis iemand uit die dood opgewek het, is dit seker nie onbillik nie dat mense begin vra: Wat is nou eintlik die ware kerk? Hoe weet ’n mens of iemand ’n dwaalleraar is of nie?

’n Dominee van Wes-Transvaal plaas die volgende op ’n Facebook-groepie vir predikante: “Ken iemand dalk ’n dr Des Sinclair van Life Evangelism International? Hy het blykbaar ’n meestersgraad van Therapon-universiteit en twee doktorsgrade van Trinity-universiteit (albei inrigtings nie geakkrediteer so ver ek kan bepaal nie). Hy het ’n boek geskryf: Life on the line. Hy doen ’n praatjie binnekort in ons omgewing en ek wil net ’n idee kry wat om te verwag. Die bietjie wat ek kan uitvind, is dat hy getuig oor ’n paar wonderbaarlike dinge wat hy beleef het, wat op sigself nie ’n slegte ding is nie. Hy voer egter aan dat hy mense uit die dood laat opstaan. Op een geleentheid in ’n YouTube-video voer hy aan dat hy ’n baba uit die dood opgewek het, en in die ander een, ’n onderhoud, voer hy aan dat hy in Ghana onder reusedruk van ongelowiges en in lewensgevaar ’n man uit die dood opgewek het wat 8½ dae dood was (hy voeg ten minste by dat dit nie hy was nie, maar die teenwoordigheid van Jesus wat die persoon uit die dood opgewek het).”

Read more ...

Wat kan die Hervormde Kerk leer by die Gaum-uitspraak?

’n Volbank van die hooggeregshof in Pretoria het op 8 Maart ’n eenparige uitspraak gelewer ten gunste van Laurie Gaum en drie ander (wat ’n groep van 11 lidmate verteenwoordig) teen die NG Kerk.

Om kommentaar in Die Hervormer te lewer op ’n ander kerk se hantering van die gay-kwessie sal voorbarig en onvanpas wees. Die NHKA het weliswaar in 2016 ’n progressiewe besluit oor dieselfde saak geneem – die woord selibaat hoort immers net so min in ons amptelike kerklike woordeskat as bieghokkie en aflaatbrief. Maar die NHKA se besluit is nog nie regtig wyd op grondvlak getoets nie. Kerklike besluite, net soos hofuitsprake, verander nie noodwendig mense se harte nie. Die NHKA erken wel selfdegeslagverbintenisse, maar die Kerk se predikante is tans nie by magte om te registreer om sodanige verbintenisse kragtens die Wet op Burgerlike Verbintenisse (Wet 17 van 2006) te kan bevestig nie. Die Kerk stap steeds die pad van besinning en dialoog – en die hoop beskaam nie dat die hele kwessie van seksuele oriëntasie uiteindelik heeltemal van kerklike agendas sal verdwyn. 

Read more ...

Was die tragedie by Hoërskool Driehoek God se wil?

Ek was op Vrydag 1 Februarie besig om voor te berei vir ’n preek toe ek ’n WhatsApp-boodskap kry dat daar ’n ongeluk by Hoërskool Driehoek was.

Aanvanklik het ek my nie veel daaraan gesteur nie. Ek het aangeneem dat alles onder beheer sou wees. Ek onthou dat ek gebid het met die hoop dat niemand seer gekry het nie, en vir die onderwysers wat die krisis sou moes uitsorteer.

’n Paar minute later kry ek ’n telefoonoproep van ’n ouer: Sy seun is veilig, maar een van ons gemeentekinders, Roydon Olckers (17), was betrokke in die ongeluk en is oorlede. In daardie oomblik het alles verander! Hoe maak ’n mens sin van so iets? Was dit God se wil?

Read more ...

Gereed vir die verskillende fases van die lewe

Tydens Die Hervormer se laaste redaksievergadering van 2018 vra een van die redaksielede: Hoe maak ons as Christenouers ons kinders skoolgereed? Gou loop die gesprek wyer: Hoe maak ons ons kinders gereed vir die verskillende fases en veranderings in hul lewens? En toe: Hoe pas ons self aan wanneer die golwe van onstuimigheid en verandering oor ons spoel?

Kenners is dit eens dat die omgewing waarin kinders grootword ’n belangrike rol speel in hul kognitiewe ontwikkeling: hoe hulle inligting verwerk, konsepte vorm, waarnemings doen en taal aanleer. Daarom is dit belangrik dat kinders van vroeg af blootgestel moet word aan nuwe en interessante omgewings. Hulle moet in kontak kom met ander kleuters en kinders, sodat hulle kan leer dat mense verskil en verskillend optree. Ouers moet hul kinders leer om vrae te vra oor dinge wat hulle nie verstaan nie of waarmee hulle nie saamstem nie, sodat hulle mettertyd hul eie menings kan vorm en kan aanpas by die eise wat die omgewing aan hulle stel.

Read more ...

Hoop sterf laaste

Die Duitsers gebruik dikwels ’n spreekwoord wanneer hulle vir mekaar vra hoe dit gaan: Die Hoffnung stirbt zuletzt. Dit beteken letterlik: Hoop sterf laaste. In Afrikaans sê ons: Waar daar lewe is, is daar hoop.

Ek is nie heeltemal oortuig dat hierdie twee spreekwoorde dieselfde ding sê nie. Die Afrikaanse spreekwoord impliseer dat jy nie moet moed opgee voordat jy jou laaste asem uitgeblaas het nie. Eers wanneer jy gesterf het, kan jy ophou hoop. Ek dink egter dis andersom. Waar daar hoop is, is daar lewe! Die hoop sterf laaste! Sonder hoop is daar eintlik nie ’n kwaliteitlewe moontlik nie. 

Read more ...